Henry Kissinger: die Amerikaanse empire se pokerspeler

EEUFEES

Henry Kissinger: die Amerikaanse empire se pokerspeler

Op 27 Mei word Henry Kissinger 100 jaar oud. Hoe moet ons oor sy rol in die internasionale politiek dink? vra ANTHONI VAN NIEUWKERK.

HOOFSTROOM-KOMMENTATORS reken Henry Kissinger is die mees belese en ervare diplomaat van ons tyd. Hy het inderdaad sy merk gemaak as professor van 19de-eeuse diplomasie (sy magister opus, Diplomacy, op my lessenaar, beslaan 900 bladsye). Hierbenewens het hy as die Amerikaanse nasionale sekuriteitsadviseur en minister van buitelandse sake die Nixon- en Ford-administrasies van raad gedien (sy boek hieroor, Years of Upheaval, ook op my lessenaar, beslaan 1 200 bladsye). Nadat hy die staatsdiens in die laat-70’s verlaat het, het hy ’n privaat konsultasiefirma op die been gebring wat 40 jaar lank die privaat sektor van raad gedien het.

Wat was sy bydrae tot die internasionale politiek? Hy is bekend as een van die vaders van die realpolitik. Dit verwys na ’n pragmatiese buitelandsebeleidsbenadering, met eiebelang as die riglyn, en met geen of min ideologiese of etiese oorwegings. Hierdie Wilde Weste-filosofie hou verband met realisme, waarvolgens anargie heers, met geen oorhoofse besluitnemer nie, en waar state elk op sy eie aangewese is om te oorleef. Die nasionale belang is die riglyn vir oorlewing en word deur regerende elites bepaal. Alliansies word gevorm met lande op grond van die waarde wat hulle bied. Diegene wat die “nasionale belang” bedreig, of uitdaag, word in die grond ingewerk – soms met propaganda, of sanksies, of militêre mag. Van daar die ou diplomatieke gesegde – lande het nie permanente vriende nie; slegs permanente belange.

Hierdie raamwerk was die perfekte benadering en werksomgewing vir Kissinger, wie se oorhoofse taak was om die Amerikaanse nasionale belang te beskerm en te bevorder – met ander woorde, handhawing van die Amerikaanse empire deur middel van ekonomiese, politieke en militêre instrumente...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.