Selfs in die tronk gaan die Oranje Tydbom nie ophou tik nie ...

DONALD JAIL TRUMP?

Selfs in die tronk gaan die Oranje Tydbom nie ophou tik nie ...

'n Vierde strafregtelike aanklag gaan nie veel verander aan die invloed wat die MAGA-man steeds op die Amerikaanse en internasionale politiek het nie. Die saak is ver van elementêr, skryf EGMONT SIPPEL.

DIS elementêr, my liewe Watson, soos Sherlock Holmes nooit gesê het nie nadat hy een of ander diepere insig in ’n ingewikkelde misdaad gehad het.

Die werklikheid van Amerikaanse politiek is selde so elementêr soos byvoorbeeld toe Spiro T. Agnew in 1973 sy tassies moes pak nadat hy uitgevang is dat hy as vise-president $10 000 se gunsgeld in harde kontant ín die Withuis ontvang het.

’n Jaar later het sy Republikeinse president, Richard Nixon, dieselfde paadjie gevolg nadat die politieke motiewe agter die Watergate-inbraak duidelik geword het. Nixon se eie geheime opnames van gesprekke in die Withuis – uitgesluit ’n strek van 18-en-’n-half minute wat uitgevee is – het genoegsame bewys gelewer dat hy die misdaad wou toesmeer, onder meer deur vir die FBI te lieg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.