My sonpaneel-oplossing: Vat so, Eskom!

LAAT DAAR LIG WEES

My sonpaneel-oplossing: Vat so, Eskom!

Toe sy ononderbroke-kragtoevoerstelsel (UPS) van die Covid-era die gees gee, en sy daaropvolgende omskakelaar (inverter) net drie maande hou, wou THEUNS VENTER 'n meer permanente beurtkragoplossing hê. Hy vertel meer oor die sonpanele wat hy nou maandeliks huur en wat 'n einde gebring het aan sy beurtkragnagmerries.

MY eerste ervaring van die lewe met beurtkrag was tydens die Covid-inperkings, toe ons almal noodgedwonge van die huis af moes begin werk. Ek was destyds nog by Media24 en ons moes redelik baie geld uitgee om vir al ons personeel ononderbroke-kragtoevoertoestelle (uninterruptible power supplies of UPS’e) aan te skaf. Dit was ’n werkbare oplossing, vir ’n ruk.

In Oktober verlede jaar bereik my UPS die einde van sy leeftyd, en met al hoe feller beurtkrag begin ek ondersoek instel na ’n omskakelaar (inverter). Ek wou ’n goedkoop stelsel hê wat ons gesin darem in staat sou stel om TV ook te kan kyk, want ons huishouding is sportmal en sommige naweke moes ons rondval om toetsrugby te kyk by vriende wat wel krag gehad het.

Ek bel my broer wat weet van omskakelaars. Hy stel voor ek koop ’n Mecer 1 200VA 720W 12V-omskakelaar (R3 599) en ’n 12V 100AH-jelbattery vir R3 299 by Takealot. So gesê, so gedaan. In fase 6-beurtkrag hou die omskakelaar presies 3 uur en 50 minute! Ek was hoogs in my noppies...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.