Liefling, jy projekteer

SKYFIES HERINNERING

Liefling, jy projekteer

DEBORAH STEINMAIR mymer oor die nie-herwinbaarheid van alles hier.

EK wil weet watter wetter het skyfies uitgedink. Nie aartappelskyfies nie – hulle verteenwoordig die kruin van die mens se vindingrykheid. Ek bedoel vierkantige negatiewe in klein, omgewingsonvriendelike wit plastiekraampies, teen ’n muur geprojekteer.

My kinderjare het spoorloos verdwyn – ons het nie foto-albums gehad nie, net ’n geruite seiltas met jare en jare se skyfies. Toe my onsentimentele ma besluit om haar lewe te vereenvoudig, het ek in ’n ander provinsie gewoon. My sussie was daar, voordat sy na Nieu-Seeland geëmigreer het, en sy het ’n klompie van die skyfies laat digitaliseer voordat die tas weggesmyt is. Ek het dus maar ’n handvol visuele herinneringe – dié waarop my sussie mooi lyk. Ek sou dit ook doen. Ons almal wil weet: Ek was daar en ek het intelligent gelyk.

My ouers het eerder die kunsskatte van Europa gefotografeer as die gesin. Ná elk van hulle reise moes ons deur lang skyfievertonings sit terwyl my ma met die fenomenale geheue feite aframmel soos ’n kunsdosent. Toe ek uiteindelik groot was en Europa besoek, het die kunsmuseums my nie aangetrek nie. Been there, done that, het ek gedink, tot ek vir die eerste keer ’n beroemde kunswerk van aangesig tot aangesig sien en verlief raak – van bekende tot geliefde in vyf sekondes. Foto’s laat geen reg geskied nie. Skyfies is ’n onreg. Jy moet dáár wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.