Bonsende boesems en gips in die skaamhaar

DIE SWINGING SEVENTIES

Bonsende boesems en gips in die skaamhaar

DEBORAH STEINMAIR onthou dat seks in die 70’s alomteenwoordig en in jou gesig was.

EK was ’n kind in die 70’s. My ouers is in die Silent Generation gebore, maar hulle het deeglik hulle stem gevind en was jonk en vrolik in die dae van die Baby Boomers.

Die 70’s was ook bekend as die Me decade. Die wit hippies van die 60’s het gesettle in little boxes en vier kinders gekry. Maar hulle was steeds ingestel op genot: In die boekrak was boeke soos The Joy of Sex en vroue is aangemoedig om hulleself seksueel te vind. Ob la di, ob la da, life was fun, ja? Hulle het by die inry Carry On-flieks gaan kyk terwyl ons kinders onder ’n kombers moes wegkruip, want daar was ’n ouderdomsbeperking. ’n Mens het nog nie Engels verstaan nie, maar van onder die kombers genoeg gesien om te vermoed dat seks 'n jolige, giggelende, bonsende affêre is.

My ouers het min of meer soos Des en Dawn Lindberg gelyk: hy rustig met ’n baard en kunstige onderbaadjies, sy wat eintlik die broek dra, ’n borrelende stokkie dinamiet met lang, swart hare en batik-rompe. Hulle het kitaar en mandolien gespeel en folksongs gesing, en soms ’n treffer van die Beatles of die Bee Gees. Hulle het partytjies gehou waar almal stelselmatig uitrafel. Die kind wat ek was, het aan slaaploosheid gely en het die partytjiegangers tot vroegoggend vanaf die trap dopgehou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.