Tongsoen soos ’n suiglemoen

KAN JY BRAAIBROODJIES MAAK?

Tongsoen soos ’n suiglemoen

DEBORAH STEINMAIR probeer die weë van die liefde en die lyf uitpluis, vergeefs.

“WHAT do you get when you kiss a guy”, vra die ou liedjie, en antwoord: “You get enough germs to catch pneumonia.” Die menslike mond is glo oneindig kiemryk, omdat ons hierdie eenhede genaamd vingers het wat die wêreld betas en wat ons in ons monde steek. Selfs ’n hondemond (ek hou nie van die woord “bek” nie), wat sy eie agterent lek, het minder kieme.

Ek het grootgeword met projektor-flieks in ’n skoolsaal waar al die kinders begin fluit en voete stamp wanneer die held en heldin se gesigte stadig maar seker al hoe nader aan mekaar beweeg, totdat daar geen maanlig tussen hulle sigbaar is nie. Ek het die indruk gevorm dat dit meer as ’n piksoen is, dat daar lank en intens getalm word. Wange duik in en daar is 'n mate van kopspeel.

Jy hoor by ouer kinder die woorde “tongsoen” of “French kiss”, maar;..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.