’n Ma soos ’n supernova

SY WAS DIE SON

’n Ma soos ’n supernova

DEBORAH STEINMAIR skryf, soos gevra, iets positiefs oor haar ma. Soort van.

MY ma sê nou die dag vir my: “Ek word al hoe swakker.” Daar is niks wat ek daarop kan sê nie, want daar is niks wat daaraan gedoen kan word nie. Sy word 87. Sy sê ook: “Ek het baie foute gemaak, ’n mens moet maar vergewe.” En: “Jy kan darem gerus in jou artikels skryf dat dit ék was wat jou lief gemaak het vir lees, wat vir julle boeke aangedra het vandat julle twee jaar oud was.” Dis waar, en dit was sy wat ons elke week biblioteek toe gevat het. Ons huis was vol boeke.

In die donker vuis van die nag, terwyl ’n aardbewing in Boksburg die kasdeure liggies laat ratel, dink ek: Ek wil graag, terwyl sy nog hier is, skryf oor my ma se skoonheid en magnetisme, die manjifieke swiep van haar persoonlikheid – sy gooi ’n lang skaduwee.

My ma was die 11de kind en het met die volle inset van haar persoonlikheid aangedring op haar deel van die aandag in ’n oorvol gesin. Sy het op ’n plaas in Swaziland grootgeword en moes van kleins af kosskool toe, in Piet Retief. In die vakansie voor haar standerd 6-jaar het haar ouer broer haar hare poenskop geskeer, sy het haar arm gebreek en is deur ’n swerm bye aangeval sodat haar oë min of meer toegeswel was. In die groot skool aangekom, lyk dit asof sy met ’n gestremdheid saamleef. Sy staar by die venster uit toe ’n arrogante Duitse seun vir haar sê: “Wat kyk jy so vir my?” Sy antwoord sonder aarseling: “Ek het jou nie eens raakgesien nie. En wat meer is: Voordat ons in matriek is, gaan jy so verlief op my wees dat jy nie uit jou oë kan sien nie.” En dit was ook so...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.