Tussen The Beatles en The Bats

IN DIE PAD VAN VOORUITGANG

Tussen The Beatles en The Bats

Soos wat die Fab Four op hulle Amerikaanse toer in die vroeë 1960's die aangesig van 'n kulturele revolusie geword het, het 'n heel ander soort toekoms op 'n Suid-Afrikaanse groep gewag, skryf FRED DE VRIES.

DIE jaar was 1964, en daar was nie veel redes om opgewonde te wees nie. Die Amerikaanse president John F. Kennedy is in November daardie jaar vermoor, en sy moordenaar, Lee Harvey Oswald, is twee dae later in die kelderverdieping van die polisie se hoofkantoor  in Dallas doodgeskiet deur die twyfelagtige nagklubeienaar Jack Ruby. Alles is regstreeks op televisie uitgesaai en vasgelê.

Intussen het die oorlog in Viëtnam in felheid toegeneem, ondersteuners van Martin Luther King se burgerregtebeweging is aangeval en in sommige gevalle gelynch in die Diep Suide, waar Amerika se weergawe van apartheid steeds hoogty gevier het.

In Brittanje was die letsels van die Tweede Wêreldoorlog nog oral. Harold Macmillan met sy hangsnor het toe pas bedank; 'n rigiede oorblyfsel van die Victoriaanse verlede wat uiteindelik kontak met die werklikheid verloor het. Die kolonies was in opstand, daar was 'n reeks skandale (insluitend Profumo), en beatniks en immigrante het vir ewig die maniere en voorkoms van daardie klam eilandjie in die Noordsee verander. Die Daily Mirror het geskryf: “What the hell is going on in this country?"..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.