Fred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.
THE NATIONAL BEWYS ONS VERKEERD
Net toe ons dink nuwe musiek kan ons nie meer ontroer nie …
'n Gesprek oor 'n wonderlike nuwe album tydens 'n uitstappie in Stellenbosch se dorre borrel van bevoorregting het FRED DE VRIES laat onthou van 'n tyd toe die wêreld vol moontlikhede gelyk het.
Deel
STELLENBOSCH, o Stellenbosch! Wat het geword van die plek wat ek eens geken het? Weg is die boekwinkeltjie in Dorpstraat met sy keurige mengsel van nuut en tweedehands, waar ek weggestap het met werke van Haruki Murakami, Breyten Breytenbach en Jack Kerouac. Weg is Protea Boekwinkel, wat 'n fantastiese werk oor die oorsprong van Amerikaanse rassisme aan my verkoop het. En meer relevant vir hierdie rubriek, wat het van die musiek geword?
Ek onthou Stellenbosch van Dorpstraat Revisited, Valiant Swart se album van 1996. Ek onthou Stellenbosch uit die stories van Koos Kombuis, wat deels daar grootgeword het. Ek onthou hoe ek gelees het hoe die Voëlvrytoer dinge by die Universiteit Stellenbosch laat vlamvat het. Maar as ek “Voëlvry tour Stellenbosch” Google, kry ek net verwysings na mense wat wyntoere reël.
Ek was 'n paar weke gelede terug in Stellenbosch om 'n storie te doen oor die elegansie en gesofistikeerdheid van “the dorp" wat die mense in die townships “Klein Europa" noem. Daar was inderdaad baie sofistikasie, moet ek sê. Schoon het uitstekende vars brood en croissants. Platō het uitstekende koffie. In Bartinney Wine & Champagne Bar het ek stadig gesit en teug aan 'n glas cabernet sauvignon wat my R90 uit die sak gejaag het. En in Blix het ek na die onbeskroomd koloniale interieur gesit en staar terwyl ek 'n vernuftig bereide cocktail geniet het. Daarna het ek my vererg vir 'n baie luidrugtige en besope verjaardagpartytjie in De Akker (dit was 'n Donderdagmiddag, so vieruur), en die aand het ek 'n opname van die Champions League-eindstryd in Kapstadt Brauhaus gekyk. Heel lekker, maar die enigste musiek wat ek gehoor het, was breinlose techno, die onvermydelike restaurant-muzak van Jack Johnson, ontspanne jazz en 'n klein bietjie Astrud Gilberto...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ek hou régtig van die Cowboy Junkies se hemde
’n Country-and-western-toeris in Texas
’n Verborge juweel: ‘Astra’ deur Freedom’s Children
Die ondergrondse klanke van Afrika
Die splinternuwe landskap van ‘Niemandsland’
Deel
-
Deel
Fred de Vries
JoernalisFred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.