LUISTER ’n mens so na Chris Yelland se gesels oor sy grootwordjare, is dit maklik om te glo dat hy voorbestem was om ’n elektriese ingenieur te word. Hoe dan anders met ’n pa en ’n oom wat albei elektriese ingenieurs was, en ’n ambagsman-oupa wat ’n ingenieursfirma begin het?
Maar hy is glad nie in ’n spesifieke rigting gedruk nie, vertel Chris tydens ons Saterdagmiddag-gesprek. “My pa het maar net my belangstelling in wetenskap gestimuleer,” onthou hy kleintyd se geskenke, soos ’n chemie-stelletjie, en die Amerikaanse tydskrif LIFE waarop sy pa ingeteken het. “Ek het dit verslind!”
Die een geskenk wat waarskynlik gesorg het vir ’n lewenslange belangstelling in elektriese ingenieurswese, was egter die kristalradio’tjie wat hy en sy pa saam gebou het. Om op sy bed in Durban te sit en na LM Radio se treffersparade te luister was “soos magic”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.