Elektriese onbevoorregting: ubuntu in trurat

ONS IS GEFOK

Elektriese onbevoorregting: ubuntu in trurat

Daar is 'n nuwe klassestelsel in Suid-Afrika en dit het niks met ras of geld te maak nie, maar met of jy elektrisiteit het of nie, skryf VIV VERMAAK.

EK was onlangs in ’n Mugg & Bean. Ek het ’n bolletjie van my eie hare in die leë koffiekoppie gelos vir die kelnerin om op te ruim. As ek myself reg verstaan, het ek dit uit nydigheid gedoen, want sy het elektrisiteit gehad en ek nie. Ek het dit geweet, want sy het lekker geruik. Haar grimering was perfek aangewend en haar wenkbroue volmaak gepluk. En daar was nie ’n haar uit plek nie.

Ek was die teenoorgestelde. Ek het bedremmeld en minderwaardig in die winkelsentrum ingeloop. Ek was toe al vir omtrent twee weke sonder krag of ’n kar of maklike kontant. Toe ek in Eastgate inloop en al die helder ligte sien, was my eerste gedagte: “Sit net ’n paar van die ligte af; julle mors krag!” Ek het gedink soos ’n minderkragbevoorregte. Daar is ’n nuwe klassestelsel in Suid-Afrika en dit het niks met ras of geld te maak nie, maar met of jy elektrisiteit het of nie.

Haarbolletjies in die cappuccino..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.