Wanneer helde sterf, word hulle deur mites vervang

DIE VERLEDE IS NIE DIE TOEKOMS NIE

Wanneer helde sterf, word hulle deur mites vervang

Ons het ’n gewoonte om denkers en helde wat diep in ons verlede lê op te hemel en te verheerlik. Maar dit is belangrik om die verskil tussen stories en die werklikheid te onthou, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE Tsjeggiese skrywer Milan Kundera is vroeër dié maand oorlede. Vir die generasie van joernaliste wat in die 1980’s en vroeë 1990’s gewerk het, was hy ’n inspirasie en voorbeeld van literêre briljantheid om na te streef. ’n Los groep van ons het veral tot Kundera se werk aangetrokke gevoel vanweë die manier waarop hy allegorie gebruik het om deur Stalinisme in die destydse “Oosblok” te breek.

In die 1980’s het ons op skrywers soos Kundera en die Hongaarse skrywer Arthur Koestler (veral Darkness at Noon) staatgemaak om die wreedheid van Stalinisme beter te verstaan. Ek het mettertyd belangstelling in Koestler verloor. En vir wat dit werd is, ek het ook nooit werklik Alexander Solzhenitsyn as een van die groot Russiese of Europese skrywers beskou nie – sonder om sy literêre en politieke prestasies gering te skat.

Kundera het natuurlik deel van die populêre kultuur geword nadat sy boek The Unbearable Lightness of Being vir die silwerdoek aangepas is. Ek het etlike jare ’n eksemplaar van sy vroeëre werk, The Book of Laughter and Forgetting, gehou met stukkies papier daarin om belangrike dele aan te dui. Sy idees oor Sentraal-/Oos-Europa was prikkelend en insigryk. Wes-Europa en Rusland het altyd die Pole, Hongare en mense van onder meer die voormalige Joego-Slawië en Tsjeggo-Slowakye by hul beskawingskonflikte probeer betrek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.