DIT is die jaar 1979. Ek is 12 jaar oud en in graad 7 aan die Laerskool St. Helena in Welkom. Daar is ’n klop aan ons klaskamerdeur. Ek kyk op van my skoolbank en my oë volg my juffrou wat deur toe stap. Sy wissel gedemp ’n paar woorde met die besoeker. Sy kyk na my en sê: “James.”
Ek weet wie op die skoolstoep staan. My juffrou trek die deur agter my toe. Ek kyk na my kleinboet, negejarige Dave, se tingerige lyf in die grys skooluniform. Kleintyd al het my sussie se kêrel hom “Tinktinkie” genoem. Dave is deurlopend en sonder ’n ooglopende rede hartseer. Ons skoolhoof het hom toestemming gegee om met my te kom praat as hy swaarkry. Sy sielkundige beveel aan dat hy ’n sport beoefen. Sy afrigter, oom Sallas van die Springbok-amateurstoeiklub, leer hom ’n paar tegnieke.
Dave voltooi sy skoolloopbaan. ’n Beroepsvoorligter, doktor Johan Grobler van Bloemfontein, beveel aan dat hy universiteit toe gaan. In daardie tyd dink ek as sielkundestudent dat sommige eienskappe van Dave nie noodwendig akademies verreken kan word nie. Ek geniet sy humorsin en ook die mooi Afrikaanse woorde wat hy gebruik...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
DAN SIEN ONS MEKAAR
My droewe broer
JAMES SCOTT skryf oor sy broer, Dave, wat die oupagrootjie van deernis was.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ek sal saam met jou sit, Lettie
Genadedood vir dié wat nie kan kies nie
Om lank en gelukkig te leef
Outisme: Nie moeilik nie, net anders gebou
Woorde wat rol soos albasters deur lig, donker
Deel
-
Deel
James Scott
SielkundigeJames Scott is ’n kliniese sielkundige wat in 2009 saam met sy gesin na Australië geëmigreer het. Hulle woon in Toowoomba, Queensland.