Om lank en gelukkig te leef

OUTLIVE

Om lank en gelukkig te leef

JULIANA COETZER het 'n bielie van 'n boek verorber en besluit om beter om te sien na die voertuig wat haar na die einde van haar dae moet neem.

Dr. Peter Attia is ’n mediese dokter, bekende skrywer en spreker oor die onderwerp van ’n gesonde, langer lewer (longevity) en die eerste mens wat ek teëkom wat die Hippokrates-eed kritiseer. Nie net is die woorde soos ons dit vandag ken, blykbaar nie oorspronklik Hippokrates se woorde nie, maar “First do no harm” is eenvoudig nie altyd geldig nie, sê Attia. “Sometimes you have to be cruel to be kind.”

Hy is ook iemand wat jou hard aan die skouers ruk om wakker te skrik oor die verantwoordelikheid wat jy teenoor jou liggaam het om ’n góéie langer lewe te hê.

Ons moet anders begin dink oor die proses van veroudering en ophou om ’n lang lewe met siektes en agteruitgang te assosieer, sê hy. Jy kan kies tussen ’n optimaal funksionerende, langer lewe met ’n kort siekte aan die einde, want aan iéts moet jy doodgaan. Of ’n langsame aftakelingsproses, wat deel is van ouer word, en ’n lang siekte wat jou by die einde van jou dae sal bring: doodgaan in stadige aksie, dus...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.