Goeie idees verrot in die koppe van slegte mense

VALS BEWUSTHEID

Goeie idees verrot in die koppe van slegte mense

Die ANC en die EFF span saam rondom die idee dat ‘Afrika aan Afrikane behoort’ en net hulle die arbiters is wat kan bepaal wie presies Afrikane is. Ons kan egter nie onreg uit die verlede gebruik om nuwe onreg goed te praat nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE idee van nierassigheid is tot as verbrand deur die son van Afrikanasionalisme en ’n unieke soort etnonasionalisme – skroeiende elemente wat die lewe van mense in die bruin gemeenskap ruïneer.

Dié mense, uitgeput deur die werklike wêreld waarin hulle leef, en nie die wêreld van vertonerige revolusionêre of romantiese, liberale idealiste nie, wat oor en oor vertel word hulle is “non-African”, is nie meer tevrede met hulle lot nie en tree nou na vore uit die skynwêreld van postapartheid-demokrasie.

Dit het politieke “teater” onder meer reaksionêre groepe, soos rassiste, veroorsaak wat “gekleurde politiek” (https://www.news24.com/news24/southafrica/news/success-behind-cape-coloured-congress-based-on-people-not-accepting-fate-standing-up-adams-20211228) bevorder, asook ander wat romantiese dagdromery van kleurblindheid geniet. Nierassigheid is vir seker die ideale situasie waar rasverskille opgelos word en almal dieselfde is. Dit ignoreer die feit dat rasindeling nogmaals in Suid-Afrika gelegitimiseer is, dat die “waarde” van elke burger “deur ’n ander se maatband gemeet word” en hierdie maatstaf toegang, deelname en die stem van diegene beperk wat hulle aan die rand van konsentriese sirkels van bevoorregting bevind. Ons onderskat ook die krag van etnonasionalisme, ’n passie wat die EFF dryf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.