Het ons nou by die egte selfhelp-fase uitgekom?

SELFHULP

Het ons nou by die egte selfhelp-fase uitgekom?

Suid-Afrikaners het die stadium bereik waar die beste hoop op ’n sinvolle lewe op burgerlike selfhulp berus. Selfhulp wat deur ordentlike beplanning bedryf word, skryf DOUW KRÜGER.

GESPREKKE oor selfhulp het die laaste jaar of twee, toe die Ramaphoria-meter se wysertjie afwaarts begin draai het, meer algemeen geraak. Maar dis nie ’n eenvoudige onderwerp waaroor almal geredelik saamstem of saamstaan nie.

Ek het my al tevore uitgespreek oor sommige kommentators se byna meganistiese heen-en-weer-skuiwe tussen skerp kritiek aan die een kant en hoopvolle praatjies aan die ander kant. Dis seker verstaanbaar dat ’n mens nie voortdurend prentjies van moedverloor se vlakte wil skets nie, maar ’n stukkende binneband is nie ’n reddingsboei nie. Hoop het net betekenis as daar ’n realistiese strategie of ’n redelike kans agter is. Ons moes met André de Ruyter se aanstelling al meer skepties gewees het oor sy kans op sukses. Nie oor sy eie bestuursvermoë nie, maar oor die onbegonne taak wat op hom gewag het. Ek het op my eentjie wel bietjie gewonder of hy nie te naïef was nie en was uiteindelik nie juis verbaas nie. Die skrif was tog reeds teen die muur.

Suid-Afrikaners het die stadium bereik waar die beste hoop op ’n sinvolle lewe op burgerlike selfhulp berus. Selfhulp wat deur ordentlike beplanning bedryf word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.