’n Passasier van sy eie penis en die puin wat hy nalaat

ONS SKULDE

’n Passasier van sy eie penis en die puin wat hy nalaat

DEBORAH STEINMAIR verslind P.P. Fourie se jongste roman, wat, soos sy vorige, daarop uit is om die seuntjie in sepia teen die klipmuur in Clarens te wreek.

GISTEROGGEND daag die koerier by die hek op met Pieter Fourie se tweede roman, Ons skulde. Ek slaan dit oop en ek hou heeldag aan lees, selfs terwyl ek eet. Ek word soos deur ’n stofsuier ingetrek – deur die karakters, soos dit hoort. Ek leef heeldag in die intense atmosfeer van die boek; in die dun, koue lug van die Oos-Vrystaat.

Emma se huwelik dryf pens in die lug soos ’n dooie goudvis. Sy word lief vir ’n kollega. Toe sy haar doodgoeie man, Simon, van haar affair vertel, loop hy uit hulle woonstel in Kaapstad, sit sy bril en beursie op die sypaadjie neer en stap voor ’n bus in. Dis nie ’n spoiler nie, dit gebeur aan die begin van die boek. Hoe vergewe Emma haarself, hoe ruk sy haar verhouding uit hierdie vergiftigde skadu?

Emma reis Clarens toe om tot verhaal te kom. Sy gaan bly by haar oorlede man se tante Vera; ’n komplekse karakter wat voluit leef en heling sowel as vernietiging in haar spoor los. Emma loop haar vas in ’n kakstorm wat al jare woed...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.