Kerouac, Beatnik-rebel met ’n konserwatiewe knorpotstreep

ON THE ROAD

Kerouac, Beatnik-rebel met ’n konserwatiewe knorpotstreep

MERCIA S. BURGER was in Lowell, Jack Kerouac se geboortedorp, en sy het ’n kulkunsie aangeleer om sy jazzy jamsessie-prosa te lees.

LOWELL is sowat 30 myl noord van Boston, ’n vervelige industriële dorp in ’n kronkeling van die Merrimackrivier. Terugwaarts oor die Moodybrug staan “the redbrick smokestacks of the Lowell mills along the river on sad red Sunday afternoons”. In ’n stadium het hierdie tekstielfabrieke deurnag geneurie, maar in 1922, toe Jean Louis Kirouac gebore is, het die “despair, raw gricky hopelessness, the cold and chapped sorrow of Lowell” reeds begin oorneem.

“This gahdam shittown on the Merrimack,” het Jack se pa gebrom.

Die Kerouacs is Frans-Kanadese immigrante, ’n buitestandergroep waarop neergesien is as laeklas-, dom Canucks. Hulle huistaal is ’n Québec-Franse dialek met die mooi naam Joual. Die taal klink vir Jack “heavily, ponderously accented, almost idiotic”. In ’n konstante balanseertoertjie moet hy Engelse woorde en Franse gedagtes bymekaar laat pas, sy “Canuck dualism crap” wat hom met teenstrydige gevoelens van trots en skaamte laat. ’n Latere resensie van Newsweek het hom ’n “tin-eared Canuck” genoem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.