Digital blackface: Is dit erge kontemporêre rassisme of net...

STEREOTIPES

Digital blackface: Is dit erge kontemporêre rassisme of net ’n snaakse prentjie?

Jy is wit en jy stuur ’n prentjie van ’n swart persoon aan. Jy pleeg digital blackface. Nou duik die vraag natuurlik op: Is dit regtig rassisties? Wat as jou bedoelings nie is om rassisties te wees nie, en jy stuur bloot ’n snaakse prentjie of meem aan? MERCY KANNEMEYER bekyk die saak.

DIE Merriam-Webster Dictionary definieer die term “digital blackface” as “the use by white people of digital depictions of Black or brown people or skin tones especially for the purpose of self-representation or self-expression”.

Dink aan al daai meme, emoji’s en GIF’s in jou foon. Party van hulle is skreeusnaaks, en wanneer jy as wit persoon ’n meem of emoji of GIF van ’n bruin of swart persoon gebruik om op iets te reageer, maak jy jou dalk aan digital blackface skuldig.

Voor ons dieper in dié sosialemediatendens delf, sal dit nuttig wees om die terme eers afsonderlik te bespreek. “Digital”, oftewel digitaal, dui op enigiets wat via die internet gebeur – WhatsApp, Facebook, Twitter, TikTok, MySpace (bestaan MySpace nog?). Die definisie van “blackface” is meer geskiedkundig. In die Elizabethaanse era was dit ’n algemene gebruik in teater vir wit akteurs om hul gesigte swart te verf om swart karakters uit te beeld. Tydens die grote William Shakespeare se tyd was dit dus ook algemeen. Die uitbeelding van swart karakters was dikwels vir vermaaklikheidsdoeleindes, of om die swart persoon te verneder. Natuurlik was swart akteurs nie toegelaat om op verhoë te klim nie, so die teatermakers van die Elizabethaanse, Shakespeariaanse en Renaissance-eras sal aanvoer dat hulle innoverend moes dink ten einde swart uitbeelding op die verhoog te laat “realiseer”…..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.