Boelies en verontmensliking

ALL SHAPES AND SIZES

Boelies en verontmensliking

Boelies kom in ‘all shapes and sizes’ voor. Die geestelike vryheid om jou eie pad in alle omstandighede te kies, gee jou lewe betekenis, maar nie die reg om ander met meerderwaardigheid te boelie en sonder respek uit te sluit en te na te kom nie, skryf DAN BADENHORST.

“If you are neutral in situations of injustice, you have chosen the side of the oppressor.”
                                                                                   - Desmond Tutu

 

BOELIES kom “in all shapes and sizes” voor. Hulle is nie altyd persone nie, want instansies, ideologieë en gode kan ook misbruik word om vrees in te boesem. In die indringendste gevalle sal net die dapperstes teen hulle bestand wees. ’n Eeu gelede het Hitler die eerste keer voorbladnuus geword in die München Biersaal Putsch. Hy is nie as ’n ernstige bedreiging beskou voordat dit te laat was om die vrees wat sy boelietaktiek veroorsaak het te stuit nie. Die vraag is hoe ’n hoogs ontwikkelde samelewing hierdie onbekende korporaal en mislukte kunstenaar, wie se woord nie vertrou kon word nie, kon toelaat om binne ’n dekade kanselier van hul land te word. Lê die antwoord nie daarin dat hy hul inherente wantroue in “ander” mense ingespan het en met opswepende toesprake hul humanitêre gevoelens afgestomp het om hul sluimerende meerderwaardigheid aan te wakker nie?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.