Ja, ek haat Putin, Zelensky, die ANC en die DA (en ’n paar ander)

IN DIE KOMMENTAAR-AFDELING

Ja, ek haat Putin, Zelensky, die ANC en die DA (en ’n paar ander)

Ek het die afgelope maand of so na die aanlyn reaksie gekyk op die rubrieke wat ek elke week skryf. Ongelukkig is die kommentaar nie altyd aangenaam of insiggewend nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIE oorgang van verslaggewing en fotojoernalistiek van gedrukte na aanlyn platforms duur voort. Dit hou tred met tegnologiese verskuiwings en, ten goede of nie, kunsmatige intelligensie. Die skrywer moet meer bewus raak van sy of haar besluite.

Die tydskrif National Geographic het verlede maand glo sy oorblywende skrywers laat gaan en bekend gemaak dat hy sy nuusstalletjieverkope in Amerika gaan staak. In Europa het die wêreld se oudste koerant, Wiener Zeitung, produksie van sy gedrukte weergawe ná 320 jaar afgesluit. Dié Oostenrykse koerant het 12 presidente, 10 keisers en twee republieke oorleef. En hier in Suid-Afrika het minstens een koerant ’n paar weke gelede erken dat een van sy artikels deur ’n KI-toepassing geskryf is.

Daar’s niks nuuts of onthullends oor die tegnologiese verskuiwing nie. Koerante het deur die eeue heen oorgegaan van handgeskrewe inligting op sy, tot drukperse, en nou die aanlyn wêreld. KI en kletsbotte hou vandag ’n multidimensionele bedreiging vir joernalistiek en joernaliste in. Die een wat dadelik uitstaan, toe ek gedink het aan wat ek in hierdie essay gaan skryf, is die bedreiging vir die verhouding tussen skrywers en lesers...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.