Die ongewone hoeke van Dr. Jack

PRENTJIEMAN JACK

Die ongewone hoeke van Dr. Jack

Hy is op sy gelukkigste in die bos, en het homself al as ‘hiperomgewingsbewus’ en ’n ‘doodgewone plaasseun van die Laeveld’ beskryf. Ontmoet Dr. Jack, spotprentkunstenaar, sosiale kommentator, waarnemer van mense en vergeetagtige versamelaar van feite. Deur ILSE SALZWEDEL.

TOE hy sy vrou, Mone’, in die 1980’s ontmoet het terwyl hy “voorgegee het om te studeer” aan die Pretoria Technikon, het sy fotografie studeer en hy grafiese ontwerp. Maar deesdae is Mone’ grafiese ontwerper en Jack die man wat met ’n vlymskerp oog en ’n nog skerper sin vir humor nuusoomblikke met penstrepe interpreteer en verewig.

Die Swanepoels – Jack is eintlik ’n Engelse Swanepoel, maar vlot in én versot op Afrikaans – woon langs ’n groot dam digby Kiepersol, ’n piepklein gehuggie naby Witrivier in Mpumalanga. Hy het hier naby grootgeword op ’n plaas waar die Swanepoel-voorgeslagte sedert die 1920’s met neute en subtropiese vrugte geboer het. Maar al wou hy nie boer nie, is hy ’n bosmens, en Kiepersol was ’n logiese keuse nadat die familieplaas verkoop is. Op sy Instagramblad (https://www.instagram.com/dr.jack_cartoonist) kan jy baie van Dr. Jack-die-kunstenaar se werk sien, maar Jack-die-mens is intens privaat. Daar is niks foto’s van sy persoonlike lewe nie, net hier en daar een wat verklap wat hom vreugde gee: ’n seekoei wat baljaar in die dam waarop sy ateljee uitkyk, ’n sonsondergang oor die dam, ’n verweerde 1980-Land Rover, sy ou “halfloaf”-kombi (’n mosgroen dubbeldeurkombi met ’n oop bak), vroegoggend-roei op die dam (as spertye dit toelaat), sy ou DBV-hond Selous, veldkos soek en voëls kyk.

Hy is John Daniel Kestell Swanepoel gedoop, genoem na Vader Kestell, sy ouma Kestell se oom. Hy was maar altyd Jack, en het – tot sy groot verwarring – eers op sy eerste dag in graad een gehoor hy is eintlik ’n John. “My ouers het skoon vergeet om my te sê!”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.