Rusland is alles: Die puin van Vladimir Putin se illusies

OVERREACH

Rusland is alles: Die puin van Vladimir Putin se illusies

Owen Matthews se jongste boek lees maklik, maar die feite is nie maklik om te verteer nie. Overreach kyk na die oorsake en verloop van die Rusland-Oekraïne-oorlog en hoekom Putin alles op die spel geplaas het, skryf JAN HORN.

DIE Rusland-Oekraïne-oorlog is die grootste geopolitieke krisis wat die wêreld getref het sedert die Tweede Wêreldoorlog. Overreach: The Inside Story of Putin’s War against Ukraine deur Owen Matthews is ’n deeglike stuk navorsing en exposé van die oorsake en verloop van die Rusland-Oekraïne-oorlog – en oor hoekom Vladimir Putin van ’n bekwame rolspeler in die post-Sowjetunie-era oornag in ’n roekelose dobbelaar verander het wat Rusland se, en sy eie, toekoms op die spel plaas.

Matthews is 25 jaar korrespondent in Moskou. Hy is met Xsenia, ’n Russiese vrou, getroud en hulle het twee seuns. Matthews se eie voorsate lê diep in die geskiedenis van Rusland én Oekraïne. Sy ma is gebore in die Sowjetunie-Oekraïniese stad Kharkiv. Hy is die outeur van verskeie boeke, waarvan Stalin’s Children, ’n memoir van drie van sy voorgeslagte onder die Stalinistiese bewind, die bekendste is. Vir sy navorsing steun Matthews op persoonlike onderhoude met informante binne en buite die Kremlin, gesprekke met mense so wyd as Dmitry Peskov, Putin se persoonlike perssekretaris, die politieke filosoof Aleksandr Dugin, Putin se geestelike raadgewer, Russiese krygsgevangenes en Volodymyr Zelensky, Oekraïne se president.

Overreach begin met ’n oorsig oor die geskiedenis van Rusland vanaf Ivan die Verskriklike, Katarina die Grote, die Sowjetunie-tydperk met sy verstikkende kommunistiese beleid tot by die val van die Berlynse muur op 9 November 1989...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.