’n Hart op soek na ’n bewoonbare planeet

NOU IN INFRAROOI

’n Hart op soek na ’n bewoonbare planeet

DEBORAH STEINMAIR swymel oor Tom Dreyer se jongste bundel.

EK leef in boeke, of boeke leef in my. Heel week woel Eben Venter se megaherbivoor Decima in my kop. Die leser beleef die omgewing van onder die renosterkoei se dik vel. Sy is suiwer sintuig en sensasie. Haar reuksintuig is so verfynd; wanneer ’n skoenlapper op haar land, kan sy ruik waar die skoenlapper vantevore gesit het. Soms is ek ook só. Suiwer sintuig. Terwyl ek Tom Dreyer se bedrieglik klein digbundel, Nou in Infrarooi, lees, verrys hoendervel oor die lengte van my bene en trane stol in my keel en ooghoeke. Dis ’n aanslag op die sinne, dis bitter mooi en roep eindelose beelde en eggo’s op, landskappe anderkant woorde.

Ek het voorheen net prosa van Dreyer gelees en verlief geraak op sy eksentrieke beelde, die vreemdheid van sy kop, die gekantelde helling van sy blik op die wêreld, die gestrooptheid van sy sinne.

Dreyer se verse … is soos Gert Vlok Nel wat grootgeword en sy nostalgie ingegroei het, T.T. Cloete wat can-can, ekstaties en verwonderd. Soos Leonard Cohen wat sak en pak Stellenbosch toe verhuis het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.