Briljante en onstuimige familiestories

YPI EN LENARDUZZI

Briljante en onstuimige familiestories

LOUIS GAIGHER lees twee gekantelde optekenaars van familiegeskiedenisse.

OM te behoort of nie, en hoe herinnering inspeel op hierdie vraag, is ’n tema gemeenskaplik aan familiememoires. Dis ook besonder relevant tot ons oomblik van ontwrigting, nasionalisme en migrasie. Hoe jy jou wortels beskryf en jouself binne ’n gesinsopset en in die optog van generasies plaas, is dikwels ook die vertrekpunt van ’n besinning oor jou plek in ’n gemeenskap, samelewing en tydvak.

Familiestories neig om in die gaping tussen opgetekende geskiedenis en persoonlike narratief te vertoef. Hulle verwissel dikwels van gedaante, soos dié twee briljante en bekroonde familiememoires, al twee tydens Covid-19-inperking geskryf, wat tussen familiestories, politieke wetenskap en sosiale geskiedenis beweeg en ryk is aan geleefde ondervinding, karakterbeelding, vitaliteit, skalkse humor en insig.

Lea Ypi, ’n professor in politieke teorie aan die London School of Economics, is in die openingstoneel van Free: Coming of Age at the End of History as 11-jarige vervul met afgryse wanneer sy Stalin aan sy broekspype omhels, opkyk en besef hy is kopaf en sy glimlaggende oë en snor (wat volgens haar onderwyseres ’n glimlaggende mond verberg) skoonveld. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.