Janet Malcolm: Voyeuristiese agie en groen borde

AMPER-OUTOBIOGRAFIE

Janet Malcolm: Voyeuristiese agie en groen borde

LOUIS GAIGHER skryf oor die nalatenskap van 'n merkwaardige optekenaar.

JANET Malcolm het bykans 60 jaar lank vir The New Yorker (en soms vir The New York Review of Books) fotografie- en ontwerp-rubrieke versorg, hofverslaggewing gedoen en langvorm-joernalistiek oor psigo-analise en die kunste geskryf. Sy het die genres wat sy beoefen het, en haar werk se teoreties-filosofiese begronding, krities en met ironiese afstand bekyk. Sy is eksplisiet teenwoordig in haar werk, maar die “ek” bly ontwykend en intens bewus van versplinterende subjektiwiteit en Freud se oordragsteorie. Dit maak die onlangse verskyning, ’n jaar en ’n half ná haar dood, van ’n boek wat die naaste aan ’n outobiografie kom, Still Pictures: On Photography and Memory, des te meer verrassend en verblydend.

The Journalist and the Murderer (in 1990 as boek uitgegee) is Malcolm se bekendste werk en die deklamatoriese opening (“Every journalist who is not too stupid or full of himself to notice what is going on knows what he does is morally indefensible”) is haar mees aangehaalde sin. Die ware verhaal van ’n veroordeelde gesinsmoordenaar wat ’n jurie kon oortuig dat hy inderwaarheid slagoffer was van ’n joernalis se manipulerende ingrawing, wys die inherente immoraliteit van joernalistiek. En ook die keersy van die verhouding: Die joernalistieke onderwerp wat liefs moet swyg, dink die joernalis gaan sy weergawe van gebeure dien en probeer die joernalis oorhaal om aan te hou luister.

Voyeuristiese agie..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.