Deborah Levy se dubbelspel en talismans

AUGUST BLUE

Deborah Levy se dubbelspel en talismans

LOUIS GAIGHER, ’n Levy-aficionado, het ’n skelm voorsmakie gekry van haar jongste boek wat eersdaags verskyn.

LESERS van Real Estate (2021), die derde en waarskynlik laaste aflewering in Deborah Levy se merkwaardige “living autobiography” (“living” in die opsig dat sy dit te midde van die lewe skryf en nie nabetragtend nie), weet reeds van die behae wat sy (oftewel, die verteller wat na aan haar staan en met wie sy biografiese gegewens deel) uit modelperde, see-egels, beweging (opwaarts en uitwaarts) en Parys put. In August Blue, Levy se pas verskene herfstelike en speelse roman, verdubbel sy beelde, objekte, motiewe, plekke en figure van die living autobiography. Dié roman, trouens al Levy se fiksie, lees asof sy losstaande elemente en beelde poleer en dan uitgelate en speels kyk hoe magie en betekenis uit die naasmekaarstelling ontvlam en onderstrominge in die dieptes vorm aanneem. Om te skryf is ’n antwoord op ’n uitdaging en as skrywer gaan Levy te werk soos ’n Hannah Höch en die dramaturg wat sy aan die begin van haar skryfloopbaan, in haar vroeë 20’s, was.

Read in English

In Real Estate lys Levy haar eiendomsportefeulje. Haar “unreal property” is die huise en ruimtes van haar begeerte wat buite bereik bly en haar nalatenskap is haar oeuvre. Haar tasbare bates is drie antieke Afghaanse handgeverfde rondomtalie-perde van hout, drie e-fietse (waarmee sy en haar vriende vry in Noord-Londen rondrits) en ’n woonstel in ’n vervalle gebou teen ’n heuwel. Die woonstelblok se gange noem sy “the corridors of love” want, soos die liefde, benodig die vloere, reeds jare lank met grys plastiek bedek, ook dringende restourasiewerk. Dit is hier, en in twee skrywershutte, deur amper sprokiesagtige helpers aan haar voorsien, waar sy in haar 50’s met humor, durf en blymoedigheid ’n selfaangewese lewe van groter vryheid te midde van onstuimigheid skep, ná die ontrafeling van ’n huwelik van 20 jaar – én besig is om die skrywer te word wat sy altyd wou wees. (Kommersiële en kritiese sukses het ook nie agterweë gebly nie.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.