Mommy Dearest en Mamma Mia

BOEKE OOR MA’S EN DOGTERS

Mommy Dearest en Mamma Mia

DEBORAH STEINMAIR reken die mees gekompliseerde verhouding op aarde is ons heel eerste, die een wat ons altyd wil dupliseer en reg kry.

DIE heel eerste verhouding wat ons ooit het – ek wou gesê het aanknoop, maar hierin het ons geen sê nie; ons word in die moederskoot gewerp en daaruit gewerp – is miskien die mees gekompliseerde wat ons ooit sal hê. ’n Mens sou dink dit sou so natuurlik wees soos asemhaal, maar is iets op aarde ooit natuurlik of onwillekeurig? Onder die son verg alles harde werk, blykbaar.

’n Mens blameer alles wat skeefloop op jou ma en wanneer jy kinders het, gee hulle vir jou die geskenkpakkie terug: blaam, skuld. My ouma was ’n engel op aarde; altyd die minste, altyd dienend en ingestel op ander en ek kan vir jou sê: Sy het ’n paar selfsugtige kinders grootgemaak. Oor my ma swyg ek. Ek het “benign neglect” gekies en toegang tot baie boeke, maar my jongste het eenkeer vir my gesê wanneer sy en haar sussie ’n boek opneem, was my opgewondenheid en vreugde soveel meer aanloklik as die boek self; soveel suiwer fokus het hulle die boek eenkant laat sit.

Ek het die afgelope week twee boeke oor moeders gelees. Ek hét al daarna verwys, hierdie merkwaardige sinchronisiteit wat my lukrake leesstof dikwels in netjiese kategorieë groepeer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.