Susters met vervlegde persoonlikhede

VAN KOEKSISTERS EN KOE'SISTERS

Susters met vervlegde persoonlikhede

As iemand wat religieus Sondae by Parkers in Woodstock aanmeld vir kraakvars koesisters en geen koue padstal-koeksister skeef aankyk nie, het SYBRANDUS ADEMA 'n kosreis onderneem om die koe’sisterdebat deegliker te verstaan.

EERS was daar 'n versnapering, toe 'n monument ... nog later 'n internasionale dag op die eerste Sondag van elke September. En eindelik moes die akademie ingegryp, want die bitter getwis oor soetgoed het net te veel tyd in beslag geneem.

Koeksister, koesister en nou die gebakneutrale koe’sister (doen met die weglatingsteken ’ wat jy wil) had nog altyd gesplete persoonlikhede. Vandat hulle die eerste Afrika-lewenslig aanskou het in gesellige, knus kombuise waar almal, ongeag klas en ras, byeen gekom en nuwe geregte en tale geskep het.

Die koe’sister is inderdaad 'n metafoor vir die telkens skisofreniese identiteit van Afrikaanses: het ons dieselfde voorouers, is ons een, wie is ons, wat is ons, is ons almal familie? Dis immers 'n verhaal van slaafeienaar en slaafgemaakte, baas en klaas, mag en onmag, by tye 'n verhaal van vermenging en respek, saamwerk, saamtrek en veral saam eet. En sedert die afskaffing van apartheid se onnatuurlike verwydering ook 'n verhaal van versoening, heridentifikasie (linguisties en anders) en 'n openhartige herverstaan van die geskiedenis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.