Kreatiwiteit – Dokter and Misses se dwelm

ONTWERP

Kreatiwiteit – Dokter and Misses se dwelm

Een van SA se voorste ontwerpduo's smag na die dae toe hulle energie opgebruik is deur skeppendheid. Nou bestuur hulle 'n baie suksesvolle besigheid, maar het hulle geleer om die internet se bombardement van idees te ontduik. Hulle probeer wegkyk om iets nuuts te sien, vertel hulle vir LAUREEN ROSSOUW.

AS jy van produkontwerp in Suid-Afrika praat, is die handelsmerk Dokter and Misses (DAM) een van die eerstes wat genoem word. Van die begin af was dit duidelik dat Adriaan Hugo en Katy Taplin ’n groot indruk op die ontwerplandskap gaan hê. Een van die aantreklikhede van die paar se werk is dat hulle ’n sterk Suid-Afrikaanse stem en identiteit het terwyl hulle in pas te bly met internasionale trends.

Hulle produkte is speels, kleurvol, modern en avant garde, en gestroop van tierlantyntjies. Dit herinner sterk aan die Italiaanse argitek/ontwerper Ettore Sottsass en die kunstenaar/ontwerper Nathalie Du Pasquier wat in die 1980's die wêreld op sy kop gekeer het met hul Memphis-beweging – hulle meubels is beskryf as ’n shotgun wedding tussen Bauhaus en Fisher-Price. Helder kleure, geometriese vorms en sterk patrone is ingespan vir postmoderne meubels, beligting, materiaal, matte, keramiek, glas en metaalvoorwerpe.

Ek het vir Adriaan en Katy 'n paar vrae gevra. Adriaan is meestal aan die woord. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.