Die kluts kwyt in Indië

REIS

Die kluts kwyt in Indië

Begogeld en beswymeld sluit FREDERIK DE JAGER 'n reis in Indië af. In die betowering is 'n dag ook by hom en sy reismaat gesteel toe hulle hul terugvlug met 24 uur verpas.

WAT ek nog onthou van daardie laaste dag op pad van Mysore na Mumbai is hoe mense weggedraai het van die aaphok om foto’s van my te neem.

En vroeër die dag, die stuk heel klapper in my kies wat ’n monnik my gegee het. Dit was aan die voete van ’n beeld wat dertig meter die hoogte in staan, my kop gelyk met die nael op sy groottoon. Dit het my gevoel ek is in ’n advertensie. Die SAL het in die jare negentig, toe die wêreld weer vir Suid-Afrikaners oopgegaan het, reklame gemaak vir reise na Indië. By een van die advertensies was daar ’n foto van hierdie granietkolos met monnike by sy blombesaaide voete.

Maar my eie oomblik daar was nie merkantiel van aard nie. Daardie monnik het so mooi met my gepraat, in ’n taal wat ek nie kon verstaan nie, dat ek my en my voorgeslagte aan albei kante se huile almal vir hulle wou huil. Dis meer as ’n duisend huile in net tien geslagte terug. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.