Die skaamsoetste liefde

KALWERLIEFDE

Die skaamsoetste liefde

FREDERIK DE JAGER het al op ses sy hart begin verloor, eers op Omar Sharif en toe op die slim dogtertjie langs hom op die skoolbank. Dan raak ’n mens groter en krank van die liefde – jy wil raak aan ’n bors of ’n konvekse zip of jy-weet-nie-wat nie. Maar al wat hiervan word, is kosbare herinneringe.

SES jaar oud, hou ek verjaarsdagpartytjie. Of my ma geweet het dis ’n partytjie twyfel ek. Ek het net een klasmaatjie genooi. My nooi. Maar ek dink ook nie sy het geweet sy’s my nooi nie.

My eerste liefde was sy ook nie. Dié was Omar Sharif as dokter Zhivago in die sneeu. Hy sloeg dae lank oor die bevrore toendra. Dan: doer voor is ’n huis. Is dit? Kan dit wees? Hy voel aan ’n baksteen in die hoek, en ja, dit kom los! Daar is die sleutel. Dit ís die huis waar hy en Lara sulke genoeglike somersdae deurgebring het.

Regisseur David Lean se kinematograaf leun in op die swart waters van Omar se oë. En só is my lot verseël in die 1960-Zephyr by die inry. Bo ons, net so swart en onpeilbaar soos die dokter se oë, koepel die Wes-Transvaalse nag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.