Twee duim sagte reën vir ’n ou plaastuin

KOS

Twee duim sagte reën vir ’n ou plaastuin

Kleintyd op die plaas is hulle gevoed op stories en vars kos uit die tuin wat hulle pa by hul oupagrootjie geërf het, onthou EMILIA SMUTS. Sy bak eiervrug en mieliebrood om daarby te eet en hoop op 'n nuwe seisoen vir die tuin.

MY ma was ’n Engels-onderwyseres, ’n voorslag-boervrou en ’n uitnemende kok. En sy het al dié vaardighede, en nog 'n paar, moes inspan om sewe stuks kinders – ses meisiekinners! – op ’n plaas in die Klein-Karoo groot te kry terwyl ’n boerdery aan die gang moes bly en troppe gaste op die plaas onthaal word. Met die voorslag-gedeelte van my ma het mens daarom soms te make gekry – en dan moes jy wyd staan.

Maar saans voor slapenstyd het die stampe en stote van die dag in die truspieëltjie verdwyn en het my ma kleintyd vir ons stories gelees. Een van dié was die klassieke Engelse kinderverhaal The Secret Garden. My herinneringe aan dié tyd is deurweef met die droomwêreld van dié boek se tuin wat geil en groen oorgroei is met welriekende blomme en plante waarvan ek die name nie aan herkenbare plante kon koppel nie. Al ons kinders het begeer om so ’n wegkruipplek te hê – meesal van ons sibbe!

Tóg was die idee nie heeltemal net ’n verbeeldingsvlug nie, want my oumagrootjie het my oupagrootjie ’n plaastuin laat aanplant neffens die mooi huis wat hy vir haar gebou het. ’n Bybelse tuin wat betref die plante én die omvang daarvan wat my pa oorgeneem en sy unieke stempel op afgedruk het. Die tuin was voortdurend in proses, altyd effens chaoties, maar die resultate was nooit minder as verrassend nie en dikwels hemels...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.