Kos om ’n herfshart te laat bedaar

KOS

Kos om ’n herfshart te laat bedaar

Die draaiende seisoen laat EMILIA SMUTS verlang na haar ma en na gewone frikkadelle. Omdat laasgenoemde ’n huisgenoot aan sy koshuisdae laat dink, maak sy khinkali – wat haar laat terugverlang na Georgië.

SKIELIK is dit herfs in die Kaap. ’n Swart sedoos ruk aan die dak en driftige reëndruppels trommel teen die ruite. My hart is nog nie reg hiervoor nie. My winterklere is diep weggepak en as ek traag my eerste jas en serp aantrek, ruik dit die ene kamfer. Dan trek die weer weg en die volgende dag breek so helder soos vonkelwyn in ’n glas. Maar ek weet my hoop gaan beskaam word, en kort daarna is dit ’n tipiese Europese herfsdag, met wolke wat nie kan besluit of hulle mis is of nie, en of hulle gaan reën of nie. Depressieweer.

Die koue laat ook my koskompas omswaai van slaai na sop en van rosé na vin brulé, die warm Italiaanse speserywyn. Ek tas rond na iets wat my hart sal laat bedaar. Want in die oorgangstye hunker ek na halfonthoude dinge en na my ma. Ek kry uit die bloute lus vir frikkadelle. Fieterjasielose, oondgebakte frikkadelle met goue pampoenskywe en gestoofde groenboontjies.

Maar frikkadelle is bietjie soos rooibostee: Sekere mense het iewers in ’n koshuis te veel daarvan gehad. Gelukkig is daar ’n soortgelyke troosopsie, onthou ek toe: khinkali. Streng gesproke is khinkali ’n kluitjie met ’n frikkadelvulsel, maar dis na genoeg aan trooskos om my hart tot bedaring te bring...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.