Martha voel ’n goue donsveer

TRENDS

Martha voel ’n goue donsveer

Die wêreld se vroue was in twee kampe toe Martha Stewart op 81 in haar swembroek op 'n tydskrifvoorblad verskyn. BIANCA DU PLESSIS breek 'n lansie vir die eksbeige ekstronkvoël, eerste Amerikaanse vrou wat haar opgewerk het tot biljoenêrstatus wat nou met oorgawe middelvinger wys vir vooropgestelde idees oor oudword.

IN haar 26 jaar as redakteur van die hoogs winsgewinde Sports Illustrated Swimwear Issue het MJ Day nou die boerpot geslaan deur die 81-jarige Martha Stewart op die voorblad te sit. Want Martha in ’n laehals-baaibroek ontketen ’n groter mediastorm as wat die eerste swart of trans voorbladmodelle gedoen het.

Toe Maye Musk, Elon se ma, verlede jaar op 74 op die voorblad verskyn, was die reaksie nie naastenby so intens nie. Maye is ’n pragtige vrou, maar Martha lyk net só vlekloos vars en jonk, so plooivry en blink gepoleer; dit maak mense duidelik die hel in.

Moenie vir ons hierdie onrealistiese voorbeeld van veroudering voorhou nie, dreun dit op sosiale media. Nou kan ek nie eens in my 80’s ontspan en alles laat hang nie? sug ’n sat siel. My kniekoppe is op 35 nie so glad soos Martha s’n nie, brom ’n ander. Martha het te veel werk laat doen en die foto’s is te erg gedokter, lui die besware...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.