Rune die astrante Deen bly die bal bliksem

SPORT

Rune die astrante Deen bly die bal bliksem

‘Belowend’ kan ’n vloekwoord word vir ’n jong sportman. Vra maar vir Swys Watsenaam, skryf ZIRK VAN DEN BERG. Kyk nou maar vir Jiri en Felix. En dan is daar die jonges wat wel by daardie etiket verbybeur boontoe. Soos Holger Vitus Nødskov Rune.

EK onthou die Sondagkoerant het eenkeer goed ’n halwe blad afgestaan aan die aankondiging van ’n nuwe rugbyheld, ’n kêrel genaamd Swys Watsenaam wat vir Maties senter gespeel het. Hier kom die volgende gróót Springbok, het die koerant voorspel.

Dit was baie jare gelede. Ek meen Swys het wel later ’n paar keer vir die WP uitgedraf, maar die feit dat ek nou nie eens die kêrel se van in my geheue of selfs op Google kan opspoor nie, vertel die verhaal van wat daarna gebeur het. Danie Gerber was hy toe nié.

’n Gholfkommentator wie se naam ek eweneens nie kan onthou nie, het, toe sy medekommentator na ’n speler as “belowend” verwys, beken dat hy self eens op ’n tyd belowend was. Maar op die ou end het hy ’n kommentator eerder as ’n kampioen geword...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.