Zirk van den Berg is ’n vryskutskrywer, oudjoernalis, oudkopieskrywer en oud-PR-man. Wanneer hy nie geld hoef te maak nie, skryf hy stories in Afrikaans en Engels. Sedert 2013 het agt Afrikaanse romans uit sy pen verskyn. Van hulle het pryse gewen. Sy jongste roman, Hemel en aarde en ons, verskyn op 15 Maart.
DIE MENSLIKE KONDISIE
Stories oor simpelgeit
Mens is ook maar net mens en geeneen van ons funksioneer 24/7 optimaal nie. Maar jy word dit vergewe as jy vir jouself kan lag, skryf ZIRK VAN DEN BERG.
Deel
OM vir iemand anders se onnoselheid te lag is die maklikste manier om beter te voel oor jouself. Dié dat dit so gewild is, van toeka tot nou.
My pa het graag die storie vertel van die omie en sy donkie en die treinbrug: In die ou dae in Suidwes het droë rivierlope as verkeersweë gedien. Riviere loop net ’n paar dae per jaar, andersins bied hulle lekker sanderige paaie vir ry- en pakdiere. Toe daar later treinspore kom, het hulle betonbrûe oor die rivierlope gebou. So loop ’n oom toe eendag met sy donkie in die rivierloop af. Toe hy onderdeur die treinbrug wil loop, is die brug te laag en die donkie se ore haak vas. ’n Boer maak ’n plan, en die omie kry ’n hamer en beitel en begin twee voortjies in die beton kap sodat die ore kan deurgaan.
’n Seuntjie kom verby en bekyk die spulletjie. “Oom,” sê hy, “waarom kap oom vore deur die beton? Dit sal mos nou baie makliker wees om die los sand onder die brug bietjie weg te werk.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Djokovic – die beste en die ongewildste
Van pieperig tot ’n pokkel wat pikkel
Venus van Willendorf van Helsdingen
Die mens is in krisis ontvang en gebore
Tennis is ’n sport vir verloorders
Deel
-
Deel
Zirk van den Berg
SkrywerZirk van den Berg is ’n vryskutskrywer, oudjoernalis, oudkopieskrywer en oud-PR-man. Wanneer hy nie geld hoef te maak nie, skryf hy stories in Afrikaans en Engels. Sedert 2013 het agt Afrikaanse romans uit sy pen verskyn. Van hulle het pryse gewen. Sy jongste roman, Hemel en aarde en ons, verskyn op 15 Maart.