Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
MUSIEK
Pink Floyd blaas ons ore oop
Dit was asof ons ná jare van doofheid skielik weer kon hoor, skryf KERNEELS BREYTENBACH oor die keer toe hy in 1973 na die eerste ingevoerde eksemplaar van Pink Floyd se The Dark Side of the Moon geluister het. Die groep het met hierdie rockplaat – wat die derde grootste treffer van alle tye sou word – musiek ’n ander rigting laat inslaan.
Deel
APRIL 1973. Ek staan in die ewigdurende skemer van die kelderwinkel Look & Listen in Eloffstraat, Johannesburg. ’n Luide hartklop, ’n horlosie tik, ’n man wat sê: “I’ve been mad for fucking years, absolutely years.” Vir die volgende 43 minute luister ek en ’n groeiende getal mense in verwondering na die eerste ingevoerde eksemplaar van Pink Floyd se The Dark Side of the Moon.
Dit was asof ons ná jare van doofheid skielik weer kon hoor.
Nou, 50 jaar later, het ons ’n groter blik op die plaat wat die koers van moderne musiek verander het. The Dark Side of the Moon is nie net een van die grootste verkopers van alle tye nie (derde ná Michael Jackson se Thriller en die Eagles se Their Greatest Hits 1971-75); dit het ook die groep tot musikale wasdom gebring. En die krake blootgelê wat hulle uitmekaar sou skeur...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Wie is Bonnie Raitt?
Windgat Crosby en Beck, ’n ordentlike tiffie
Die raaiselagtige Christine McVie
Miskien dan jazz?
Liedjies wat boodskappe bevat
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.