Kos is nie kasterolie nie

KOS

Kos is nie kasterolie nie

... maar dis wel medisyne. Terwyl ALETTA LINTVELT bene in die lug lê met ’n gebreekte voet lees sy ’n nuwe boek wat bevestig wat ons almal eintlik weet: Met die regte kos dokter jy jou lyf gesond.

IN Desember beland ek met ’n gebreekte voet in die hospitaal en bring daarna agt weke op my rug deur. Die pynpille en antibiotika het my binnewerke heeltemal verfomfaai, ek was dik van lê en lê en lê en boonop diep onder die indruk van my eie verganklikheid.

Ek was dus meer as ryp vir Young Forever deur Mark Hyman, ’n Amerikaanse dokter en skrywer van gesondheidsboeke. In sy nuutste een skryf hy oor die groot ironie van moderne medisyne wat die simptome van siektes en elke orgaan apart behandel. En dit ondanks die feit dat baie van die gesondheidsprobleme wat ons met ouer word assosieer deur een ding veroorsaak word: inflammasie.

Hierdie inflammasie kan ons deur die kos wat ons eet en ons leefstyl aanskakel of afskakel. Dit sal seker vir geen van ons nuus wees dat geprosesseerde kos, suiker en alkohol die grootste sondebokke is nie. Voeg hierby stres en ’n gebrek aan beweging en jy lewer ’n flukse bydrae tot inflammasie in jou lyf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.