Medvedev – ’n ‘Dostojefski-koorsdroom’

SPORT

Medvedev – ’n ‘Dostojefski-koorsdroom’

Of Djokovic of Alcaraz jou man is, as jy ’n syferman is, sal jy moet erken die lang Rus met die seekat-arms is tot dusver 2023 se toptennisspeler. ZIRK VAN DEN BERG, 'n Medvedev-man, breek ’n lansie vir die enigsins ongewilde wenner.

DIE behoudendes hou vol Djokovic is die beste, die entoesiaste jubel oor Alcaraz. Maar die syfers sê Medvedev is vanjaar se toptennisspeler.

Toe ’n moeë Daniil Medvedev in Monte Carlo die kwarteindstryd teen Holger Rune verloor, het dit ’n einde gebring aan ’n merkwaardige rits van vyf eindstryde wat die spekerige Rus binne ses weke gespeel het. Hy het vier van hulle gewen en daarmee die voortou geneem op vanjaar se punteleer. Hy het vanjaar meer oorwinnings behaal as enige van sy eweknieë – met hierdie skrywe 31 teenoor die naasbeste speler, Jannik Sinner, se 24.

Medvedev se wenlopie het in Rotterdam begin. ’n Week later was dit weer so in Doha en nog ’n week later nogmaals in Dubai. Toe was dit die twee weke lange Meesters 1000-toernooi in Indian Wells, waar hy in die eindstryd teen Carlos Alcaraz verloor het, en daarna Miami, eweneens ’n Meesters 1000-toernooi oor twee weke, wat hy gewen het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.