Ons is so naby aan dit waarvoor my pa gesterf het – en tog so ver

TROTS EN VERRAAD

Ons is so naby aan dit waarvoor my pa gesterf het – en tog so ver

Lukhanyo Calata was net drie jaar oud toe sy pa, Fort, in 1985 deur die veiligheidspolisie vermoor is. ANNELIESE BURGESS het met hom gepraat oor sy soeke na geregtigheid vir sy pa, wat hom gemotiveer het om ’n joernalis te word, en sy onwaarskynlike vriendskap met FW de Klerk se weduwee.

LUKHANYO CALATA is die politieke redakteur by Newzroom Afrika. Hy praat telefonies met my vanuit sy huis in Johannesburg. Hy het 'n diep, sagte stem – perfek vir die televisie-uitsaaier wat hy die grootste deel van sy professionele lewe was.

Hy wou nog altyd ’n joernalis wees, vertel hy. “Ek onthou hoe ek as kind saans op televisie na die nuus gekyk het – eers die Engelse bulletin en dan die Nguni. Ek en my ma het 'n lawwe speletjie gespeel waar sy my uit die kamer gestuur het en ek die nuuslesers aan hul stemme moes uitken,” vertel hy my met 'n skaterlag.

“En as kind was daar dikwels joernaliste by ons huis. Ek het van die kameras gehou. Ek sou vra om deur die beeldsoeker te kyk of foto's te neem. Ek het altyd geweet ek wil stories vertel, al wou ek aanvanklik 'n motorjoernalis wees omdat ek ook van motors gehou het." Weer daardie diep, rollende lag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.