Einde moontlik in sig vir outoritêre Putin

‘DEAD MAN WALKING’

Einde moontlik in sig vir outoritêre Putin

Die Wagner-groep se onlangse opstand teen die Russiese regering het pres. Vladimir Putin se gesag aansienlik ondermyn. Dit kan selfs beteken sy einde is in sig, het die Russiese historikus Irina Filatova vir PIET CROUCAMP gesê.

IN outoritêre stelsels is vertroue ’n skaars kommoditeit, veral wanneer die politieke risiko’s eksponensieel toeneem en wantroue ’n oorlewingsmeganisme word.

James Risen, 'n voormalige joernalis van The New York Times, beskryf Vladimir Putin en Yevgeny Prigozhin, bevelvoerder en leier van die Wagner-groep, as “dead men walking”. Dít nadat die Wagner-groep, ’n oorwegend Russiese paramilitêre organisasie, teen Putin se regering in opstand gekom en die militêre hoofkwartier in Rostov-on-Don tydelik oorgeneem het.

Die opstand, wat tot ongeveer 200 km vanaf Moskou gevorder het, het ontstaan te midde van toenemende spanning tussen die Russiese ministerie van verdediging en Prigozhin...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.