‘President’ Mashatile, die oligarge, Ramaphosa en Mantashe

MINI-STAATSKAPING?

‘President’ Mashatile, die oligarge, Ramaphosa en Mantashe

Suid-Afrikaners kla steen en been oor pres. Cyril Ramaphosa se ruggraatloosheid en rigtingloosheid, maar ons gaan dalk na hom terugverlang as hy (miskien binnekort) deur adj.pres. Paul Mashatile opgevolg word. En dan is Gwede Mantashe ook besig om sy politieke spiere te wys, skryf MAX DU PREEZ.

DIE idee van “President Paul Mashatile” lyk skielik meer na ’n potensiële nagmerrie as ’n aantreklike opsie ná Ramaphosa se jare lange geploeter.

Nie net is die kans op ’n ANC-EFF-koalisie onder Mashatile ’n groot moontlikheid nie; dit lyk boonop asof hy heelwat Zuma-tendensies het met sy verhouding met skatryk tenderpreneurs. Mini-staatskaping?

News24 het Maandag ná ’n lang ondersoek berig dat Mashatile ’n uitspattige lewe van weelde lei, danksy sy vriendskap met Suid-Afrikaanse oligarge soos Edwin Sodi en Ndavhe Mareda. Albei floreer op die besigheid wat hulle met die staat doen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.