Dr. Elsabe Pepler is ’n voltydse leser en deeltydse skrywer. Sy het in 2003 ’n PhD aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi wat oor mediageletterdheid gehandel het. Sy voel ernstig oor die rol van opvoeding en kritiese denke in mediagebruikers. Sy verskaf deeltydse supervisie aan nagraadse studente in die dissiplines van kommunikasie, mediastudie, gender en ontwerp, en geniet dit om teksredigering vir verhandelings, proefskrifte, boeke en ander dokumente te doen.
FLUIT-FLUIT, DIE STORIE IS UIT
Die prys van ’n gewete
Ons hou van ons helde wat die geskiedenis se gang verander, maar fluitjieblasers betaal ’n duur prys, soms selfs met hulle lewe. ELSABE PEPLER vertel van plaaslike en internasionale verklikkers wat al ’n veelvoud van korrupsie, diefstal, misdaad en ander gevare en bedreigings vir gewone mense oopgevlek het.
Deel
ONS is aanmekaargesit van stories. Daarom weet ons, individueel en kollektief: Daar moet altyd booswigte wees wat alles wat goed is, sal opfoeter en vernietig. Gelukkig weet ons ook dat stories bestaan uit binêre pole van lig en donker, goed en kwaad, heilig en boos. Hoewel dit lyk of die misdadigers vinniger aanteel as wat enigiemand kan tred hou, hoop ons altyd dat daar ’n held, of heldin, of redder in die morsige duisternis van Suid-Afrika se huidige korrupsietoneel sal verskyn.
Op 23 Augustus 2021 het Babita Deokaran, die uitvoerende hoof van finansies by die Gautengse Provinsiale Hospitaaldienste, haar dogter soos elke ander oggend by die skool gaan aflaai. Dertig minute later is sy in die oprit van haar woning in Suid-Johannesburg in haar motor geskiet, nege keer, voordat sy in die hospitaal beswyk het. Deokaran is gewelddadig om die lewe gebring om net een rede (https://www.sabcnews.com/sabcnews/today-marks-a-year-since-whistle-blower-babita-deokaran-was-shot-and-killed/): haar pynlik noukeurige ondersoeke en rapportering oor veral die jare lange korrupsie by die Tembisa-hospitaal, maar ook die departement van gesondheid se bedenklike boekhouding oor verdagte kontrakte in die algemeen. Sy het ’n versameling van 20 000 e-posse gehad om dit te bewys. Deokaran het besluit om die fluitjieblaser te word en het met haar lewe betaal.
Dieselfde storie het ’n skokkende – maar nie heeltemal onverwagse nie – wending geneem. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is ná ondersoeke weens verreikende korrupsie in die departement van gesondheid (dis “digital vibes” genoem) ontbloot. Vra mens Google vir meer oor “Deokaran & Mkhize”, staan dit oop en bloot daar: Die sluipmoordenaars het in die hof beweer dat die voormalige minister van gesondheid en sy broer vir die orkestrasie van Deokaran se sluipmoord (https://www.dailymaverick.co.za/article/2022-04-12-confession-claiming-zweli-mkhize-had-hand-in-killing-of-whistle-blower-babita-deokaran-may-not-feature-in-trial/) verantwoordelik was. En as enige mens twyfel hóé algemeen staatskapingsbedrog en korrupsie in Suid-Afrika is, weet net dit: Mkhize en sy volgelinge, ondanks die donker bewerings wat om hom bly rondwarrel, glo steeds hy kan volgende jaar die president van Suid-Afrika word. Suid-Afrika het na bewering (Mojapelu & Faku (https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC-165fddf156)) in 2019 reeds meer as R700 biljoen aan bedrog en korrupsie verloor...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Vrae oor News24 se Eskom-exposé
Ware dapperes veg vir geregtigheid, waarheid
Hoekom ANC fluitjieblasers nie beskerm nie
Sluipmoord: ’n manier om jou sin te kry
Zondo: Is amnestie die prys vir die waarheid?
Deel
-
Deel
Elsabe Pepler
SkrywerDr. Elsabe Pepler is ’n voltydse leser en deeltydse skrywer. Sy het in 2003 ’n PhD aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi wat oor mediageletterdheid gehandel het. Sy voel ernstig oor die rol van opvoeding en kritiese denke in mediagebruikers. Sy verskaf deeltydse supervisie aan nagraadse studente in die dissiplines van kommunikasie, mediastudie, gender en ontwerp, en geniet dit om teksredigering vir verhandelings, proefskrifte, boeke en ander dokumente te doen.