DIE Zondo-kommissie se bloederige eerste testament oor staatskaping en korrupsie is aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig. In regter Raymond Zondo se verslag betreur hy die feit dat Dudu Myeni, wat in weerwil van sy vermaninge ’n fluitjieblaser se naam in die openbaar genoem het, nooit vervolg is nie. Dít ten spyte van die kommissie se formele klag by die polisie.
Teen die agtergrond van ’n verslag deurspek met morbiede vergrype klink dit nietig, maar dit bevestig wat ons voor ons siel weet: Die meeste plunderende kaders gaan wegkom.
Mzwanele Manyi en Matshela Koko en Nomvula Mokonyane verkondig hulle onskuld van die Babilonsmure af vir wie ook al ore het om te hoor. Die EFF-leiers trek snellers in openbare plekke, rand joernaliste en ’n polisieman aan en steel ’n bank bankrot; alles terwyl hulle ongestoord nóg geweld en brandstigting aanmoedig...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Opposisiepartye kan septer ná 2024-eleksie swaai