15 000 treë op soek na die geheime van die Moederstad

POLLIE ONS GAAN KAAPSTAD TOE

15 000 treë op soek na die geheime van die Moederstad

LAUREEN ROSSOUW ken Kaapstad soos die palm van haar hand; sy weet van al die interessante hoekies en gaatjies. Sy neem ANNELIESE BURGESS op ’n wandeling om al die trekpleisters te herontdek nadat die stad uiteindelik uit haar Covid-babelaas ontwaak het.

EK het nog altyd 'n sagte plekkie gehad vir Loopstraat. Vir so lank was dit die saai suster van die baldadige Lang en die modieuse Kloof. Altyd meer funksioneel as pret. Maar nie meer nie. Loop voel soos die nuwe hart van 'n stad wat sy ritme terugkry.

Ek voel dit van waar ek op die sypaadjie by die bistro en kroeg Butter (https://butterallday.com/) in Loopstraat sit. Met die perfekte geel keramiekbeker op die perfekte houtbord by die perfekte swart tafeltjie. “Botter maak alles beter," sê dit op spyskaart van die klein eetplek – met disse soos eenvoudige gebotterde suurdeeg-roosterbrood, pap met gebrande heuningbotter en stapels plaatkoekies wat drup van die botter.

Oorkant die pad is een van die oudste hoekkafees in die stad. Cadiz (https://www.instagram.com/cadiztaverna/?hl=en) verkoop steeds die goedkoop eier-en-tamatiesous-babelas-toebroodjie soos 30 jaar gelede. Loopstraat is daai soort straat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.