Spaarsaam is die nuwe mode: Verruil kitsmodes vir vintage,...

CORONA COUTURE

Spaarsaam is die nuwe mode: Verruil kitsmodes vir vintage, retro of antiek

Mens hoef nie kitsmodes van swak gehalte te dra nie – daar is wonderlike hergebruikte mode-items, het MARETHA BOTES agtergekom toe sy begin soek na wintersklere. Leer ken terme soos ‘thrift' (spaarsaamheid), ‘vintage', ‘upcycling' (herwonne), ‘slow fashion' (volhoubare mode), ‘pre-loved' (tweedehands), ‘retro' en ‘antiek'.

  • 28 April 2021
  • Vrye Tyd
  • 7 min om te lees
  • artikel 5 van 7
  • Maretha Botes

MY snuffellus is gebore uit ’n plek van uiterste verveling met dít wat die winkelsentrum oplewer in my soektog na ’n paar winterdrapeersels. Alles dieselfde. Min opwinding. En oor die gebrek aan gehalte kan ons boekdele skryf.

Ek stuur ’n soektog op sosiale media van stapel en besef vinnig ek is agteros in die kraal. Dat hergebruikte mode-items lankal ’n in-ding is, en dat duisende ander hulself reeds in dié modekultuur ingegrawe het in veral 2020, toe aanlyn inkope weens inperkings ’n skerp styging getoon het.

Luidens ’n artikel in die Berkeley Economic Review is daar ’n dramatiese ommeswaai in wie tweedehands koop. Jare lank was dit meerendeels arm mense wat die gesig van tweedehands was, maar dit het die afgelope dekade verander. Die gemiddelde koper van tweedehandse klere word deesdae grootliks deur mense uit die middelklas verteenwoordig. En, soos tweedehandse inkope meer gewild geraak het, het meer jong mense hulself tot sogenaamde spaarsamigheidswinkels (thrift) gewend om goedkoper, modieuse items te vind...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.