Die voorouers is dood … kom ons beweeg aan

GEESTE UIT DIE VERLEDE

Die voorouers is dood … kom ons beweeg aan

Of dit voorouerverering of -aanbidding of die voorouerkultus genoem word, of bloot dooies wat die mag gegee word om die huidige of toekomstige stand van belangrike sake te bekragtig – geeste uit die verlede is moeilik om te bewys, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

EK het onlangs weer aandag aan Sylvia Vollenhoven se boeiende studies en fassinerende skryfwerk oor haar voorouerlike nalatenskap gegee. Dit het vir my duidelik gewys dat ek regtig nie 'n konneksie met spirituele (of geestelike) en bonatuurlike dinge het nie; en ook nie na voorouerverwante dinge hunker nie, wat ek glo verskil van om jou erfenis en familiegeskiedenis te verstaan.

Ek het Vollenhoven se book, The Keeper of the Kumm: Ancestral longing and belonging of a Boesmankind, (https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780624063087) ’n paar jaar gelede die eerste keer teëgekom, maar dit het nog nie my volle aandag getrek nie. Die onderwerp is wel belangrik; ek het bloot nog nie tyd gehad om dit deeglik te lees en te plaas binne die veelvuldige kontekste wat vorm gegee het aan Vollenhoven se passasies oor haar voorouerlike nalatenskap nie. Ook nie om dit naas my eie idees oor familie, nalatenskap en ’n leeftyd se gevoel van ontworteling, verlange en smagting na tuishoort te plaas nie.

Twee dinge van haar kruisplatform-inisiatief wat uitstaan, is ’n soort voorvaderlike verering en ’n geloof in bonatuurlike dinge. Ek stel nie in enige van dié twee onderwerpe belang nie, en sonder om Vollenhoven se studies en bevindinge gering te skat, kan ek spiritualiteit en voorouerlike verering eenvoudig nie verstaan nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.