Boerewors beweeg agter die gordyn uit

GEBARS DEUR GRENSE

Boerewors beweeg agter die gordyn uit

DENNIS CRUYWAGEN vertel die storie van Tyron Adams, wat gehelp het om boerewors se groepsidentiteit te verander toe hy as die kampioenboereworsmaker van 2023 aangewys is. Op Erfenisdag, 24 September, sal baie vleisbraaivure in verskillende gemeenskappe getuig van ’n erfenis wat eg Suid-Afrikaans geword het.

IN die ou dae, toe Suid-Afrika ’n ander land was, was daar in die Wes-Kaap ’n Boereworsgordyn, daar digby die N1, waaragter Afrikaners veilig, vry en meerderwaardig kon voel, lekker tuis onder mekaar.

Agter daardie grens het hulle gepraat oor die ander gordyn, die Ystergordyn aan die ander kant van die wêreld, die een wat die Nasionale Party gebruik het om doodsvrese vir die Rooi Gevaar aan te blaas. Hand aan hand met die gevreesde Rooi Gevaar het die Swart Gevaar geloop.

Destyds is daar in ’n gewilde motoradvertensie gesing van braaivleis, rugby, sunny skies en Chevrolet. Ja-nee, agter daardie Boereworsgordyn op ’n Saterdagmiddag is karre dikwels gewas en blink gepolitoer, en die reuk van braaivleis en boerewors het swaar in die lug gehang. Life was good...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.