Onder die radar van liefde op die grootpad

DIE EEN WAT UITSTAAN

Onder die radar van liefde op die grootpad

Daar is ’n lang lys van songs wat werk vir die dag as jy die langpad vat, maar vir FRED DE VRIES is daar een wat bo die res uitstaan. Jy sal dit dalk ken, maar waarskynlik nie die storie daaragter nie.

EK het baie jare gelede 'n aanhaling gelees wat my steeds bybly. Dit  was uit 'n onderhoud met die liedjieskrywer John Fogerty. Hy was die genie agter Creedence Clearwater Revival (CCR), die Kaliforniese rockgroep wat geklink het of hulle van iewers in die moerasagtige Diep Suide afkomstig is. Baie van julle sal van hulle fantastiese treffers onthou: “Proud Mary", “Bad Moon Rising", “I Put a Spell on You", “Midnight Special"; dis 'n lang lys.

In elk geval, Fogerty het vertel dat hy destyds ook altyd die groep se ateljeesessies op kasset opgeneem het. Dan het hy die kasset gevat en weer in sy kar na die opname gaan luister. Die geheim van 'n goeie song, het hy volgehou, is dat dit ook op 'n karstereo wonderlik moet klink.

Hy was heeltemal reg: Musiek wat lekker klink in jou sitkamer, kan in absolute poeding verander oor jou kar se luidsprekers. Ek dink dit het te doen met frekwensies, ruimte, duidelikheid. Neem 'n groep soos The Jesus and Mary Chain. Ek hou baie van hulle, maar luister in die kar daarna en dis 'n totale gemors. Die verwronge kitare en die gedruis van die enjin is betrokke by 'n soort verdraaide soniese liefdesverhouding wat 'n totaal onaangename wit geraas veroorsaak wat elke stukkie melodie insluk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.